verwagting
die wêreld bewe in geboorte pyn
geldmag leiers gaan ondergrond
bogrond rol niks daarvan in mond
môre bars die bom drink nog wyn
datums word uitgeruil profeties
gewone mense gaan maar aan
asof niks kan raak hul bestaan
politieke leiers steel nog oneties
skrif wat aan die muur verskyn
is lank reeds vervaag uitgevee
mense bly stil aanvaar gedwee
onge-erg oor bewese lewenslyn
wolke stapel op oor hierdie land
hoop vervaag in elke mensehart
aanvaar en bly stil in eie smart
sal duidelikheid kom uit Sy hand
verdeeldheid maak mense dom
ongelowigheid maak hulle stom
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.