Jongste aktiwiteit:

Na-nag Drome

Die geur van jou hare
en die kyk in jou oë
wanneer liefde versadig
en sweetnat kom lê
is die beelde in drome
verlange en soeke
na dit wat eens waar was
maar nou net ‘n skim
as die na-nag se rondrol
en lyfseer en sufdink
die nuwe dag inlei….

met beloftes na nêrens
net die sweet wat nog voorlê
van domwerk se rugbuig
onder son reën of wind
met die slierte verlange
na die nag wat weer voorlê
met die drome van geure
en lywe en oë
wat die ampersalf smeer
aan ‘n moeg siel se hartseer

©04/11/2010 Anton Bosch




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed