Vêrgenoeg
Daar aan die anderkant van stil en weet
lê ‘n vêr uitgestrekte land
met ‘n groendal-dal wat saam die vroeë misstemme roer
is ‘n plaas genaamd Vêrgenoeg-
die ou-ossewa spook
van ‘n ou-geskroeide boer van ‘n ou-verskroeideland,
van bloed en sweet vir leef en laat leef
van droom en nooit vergeet;
‘n John Deere trekker die basterhond die brahmabul,
soetmielies wat in hul groenvelle hang-
Daar in die donker sombernag
Lê Vêrgenoeg en kwel
in ‘n bloedrooimuur se hel
waar die kuile hul trane smeer aan ‘n nooit-nooit weer
aan ‘n niks meer droom,
geen son geen opkoms, verbleek soos dood,
die blou-blou lug sal alleenlik weet
hoe vêr is vêr genoeg!
Opgedra aan die wat hulle lewens so brutaal verloor het om die land te voed.
©Morné du Preez
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Man ek het swaar aan die gedig gelees. Interesant hoe jy met die twee “Daars“ n skeiding maak. Dankie