Jongste aktiwiteit:

WIE dalk mag belangstel: RSG Christelike radiodrama-skryfkompetisie

RSG en Cordis Trust bied weer vanjaar ‘n Christelike radiodrama-skryfkompetisie aan. Cordis Trust bevorder die Afrikaanse woordkuns en span saam met RSG om ook die skryf van godsdienstige of geestelike radiodramas aan te moedig. Daar word spesifiek gesoek na radiodramas vir uitsending op Kersdag 2016 en Goeie Vrydag 2017. Die wendrama ontvang R5 000 prysgeld, asook ‘n verdere opvoerfooi wanneer die drama uitgesaai word. Daar is dus twee pryse – R5 000 vir beste Kersdrama en R5 000 vir beste Paasdrama.

LW: HIERDIE KOMPETISIE VAL BUITE INK EN WORD SLEGS GEADVERTEER VIR LEDE WAT MOONTLIK MAG BELANGSTEL. Lede wat wel belangstel kan ook in die opleidings afdeling van ink die riglyne gaan lees oor hoe om hierdie radiodrama of -verhaal te skryf

Inskrywings vir beide die Kersfees- en Paas-radiodrama moet ons teen Maandag 17 Oktober 2016 nie later nie as 08:00 bereik.

Stuur u inskrywing en rig alle navrae aan:

Flip Loots
Posbus 102314
MORELETA PLAZA
0167

E-pos: flip@triplemproductions.co.za
Telefoon 012 998 2389 (gedurende kantoor-ure)

SLUITINGSDATUM: Maandag, 17 Oktober 2016, 08:00

Die reëls vir die kompetisie. Dit sal streng toegepas word en tekste wat daarvan afwyk, sal ongelukkig nie kwalifiseer nie.

REËLS VIR RSG/CORDIS TRUST KOMPETISIE VIR CHRISTELIKE RADIODRAMASKRYWERS 2016. TEKSTE WAT NIE HIERAAN VOLDOEN NIE, SAL NIE KWALIFISEER NIE.

1. Die kompetisie is oop vir enigeen wat in Afrikaans skryf.

2. Die kompetisie loop gelyktydig, naamlik vir die beste Kersdrama (vir 2016) sowel as die beste Paasdrama (vir 2017). Vir elke kompetisie moet apart ingeskryf word.

3. Daar is geen voorgeskrewe tema of beperking dat die teks byvoorbeeld ‘n Bybelse verhaal moet bevat nie en enige kontemporêre stuk is welkom, solank dit inpas in die beskrywing: “Christelik.”

4. Inskrywings moet oorspronklike werk wees, en nie verwerkings van enige materiaal wat voorheen gepubliseer is, uitgesaai is of in enige vorm opgevoer is nie. Die inskrywing mag ook nie ’n teks wees wat aan ’n uitgewer of kunstefees voorgelê is, en wat ten tye van die kompetisie aanvaar is, of voor die uitslae bekend gemaak word, gepubliseer of elders opgevoer gaan word nie. Dit moet ʼn nuwe radiodrama wees wat nog nie voorheen vir die RSG/Cordis Trust-kompetisie (of enige ander wedstryd) ingeskryf is nie. Verwerkings van verhoogtekste (of enige ander ongepubliseerde materiaal) word nie aanvaar nie.

5. Die volle spektrum van Afrikaans kan gebruik word, mits dit toeganklik is vir die luisteraar. Daar is geen beperking op die gebruik van taalvermenging, dialekte of streekvariante nie, maar slegs wanneer dit funksioneel, verantwoordbaar en natuurlik is.

6. Geen deelnemer mag nie meer as een inskrywing voorlê nie.

7. Die duur van die drama moet tussen 40 en 50 minute wees – sowat ’n minuut per blad. Dit is ongeveer 40 tot 55 A4-bladsye wat volgens die voorskrifte getik en gekram is.

8. Daar mag hoogstens agt karakters wees. Dit beteken nie jy móét agt gebruik nie.

9. Die beslissing van die beoordelaars is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

10. Daar is slegs een prys per kategorie: ‘n Eerste prys R 5 000 deur Cordis Trust geborg.

11. RSG behou hom die reg voor om ’n prys of pryse nie toe te ken nie indien die beoordelaars van mening is dat dramas nie op gevraagde standaard is nie.

12. Die sluitingsdatum is Maandag, 17 Oktober 2016 om 08:00. Geen e-pos inskrywings word aanvaar nie.

13. Hoewel alle moontlike voorsorg getref word, aanvaar RSG geen aanspreeklikheid vir die verlies van enige teks nie. Kandidate moet afskrifte van hulle tekste hou, aangesien geen ingeskrewe teks aan die outeur teruggestuur sal word nie.

14. Inskrywings moet vergesel word van ‘n kort (een A4-bladsy) CV of biografie wat op die skrywer se skryfgeskiedenis fokus.

15. Die uitslae word op Vrydag 2 Desember 2016 in TJAILATYD aangekondig.

16. Aangesien dit ’n kompetisie is, word geen kommentaar op inskrywings gelewer nie.

17. RSG behou hom die reg voor om dramas wat van uitsaaigehalte is uit te saai. Die skrywers sal volgens RSG se bestaande fooiestruktuur vir die uitsending vergoed word.

18. Die skrywer se naam mag SLEGS op die inskryfvorm voorkom.

RSG / CORDIS TRUST CHRISTELIKE RADIODRAMA-SKRYFKOMPETISIE 2016

Inskryfvorm (Skryf asseblief duidelik in drukskrif)

TITEL VAN DIE RADIODRAMA

…………………………………………………………………………………………………

Naam:

(MNR/MEV/ME/DR) …………………..…………………………………………………..

Adres: ………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………….

………………………………………………………………………………………………………….

Poskode ………………………………………………….

Faksnommer: …………………………………………

E-pos …………………………………………………..

Telefoon (kode) ……………………………………….

Selfoon ………………………………………………….

Geboortedatum ……………………………………………

Verklaring:

Ek, ___________________________________________________ (naam), verklaar dat hierdie drama my eie werk is en dat dit nie voorheen in enige
vorm gepubliseer is, opgevoer is of uitgesaai is nie, en ook nie aan ʼn
uitgewer (en/of kunstefees) voorgelê is wat dit vir publikasie (en/of opvoering) aanvaar het nie. Dit is ook nie ’n verwerking van ’n reeds bestaande teks of verhaal nie. Ek verstaan en aanvaar die reëls (bl. 17) van die kompetisie.
Hierdie teks is ook nog nie voorheen (in enige vorm) vir hierdie of enige ander kompetisie of kunstefees ingeskryf nie en is oorspronklike, nuwe werk.

Handtekening: …………………………………………………….

Datum: …………………………………………………………….




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed