
Winterpaar
blink skerp verkeer
kou die werksdag in
son weerkaats op gogga doppe
met sagte binnegoed
Ontdekkers verby
na Main Road
omspan met
Newbury rampokker buurt
Triomf afrikaaner nus
wysheid huise SAUK, RAU en WITS
Newtown indiër middestad
almal wag op die miere mag
robot op Delarey
staan oogloos dood
verwar die dolle
mense stroom
ou mens bondeltjies
met sagte harte
stap in dié straat
koue lywe met warmbloed
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.