Grensdraad
doringdraad skei
woonbuurt en hoofweg
altwee lê verweer
tussen verbrande kakiebossies
in lae verwagtinge buurt
wasgoed hang vervlenterd
verwaaid in koue misrook
die verlange is na ń bietjie kos
vir snotneuskinders
wat speel in konka as
dié bestaan is ongenaakbaar
verwikkel in geslagte se voorkeur
na ń eie saam swaar
vervat in ubuntu
as die gebot
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.