
Beton oerwoud
Vroeg kronkel die luislang
berg op tot by die rooi lig,
tyd sy prooi om te vang
soms in besoedelde sig.
So blind vir natuur se spog –
en sy kog’lende roep,
verstrik op ons bioniese tog…
wonder ek nou nog wat ons soek.
Alles ‘n gejaag na wind
in hierdie leë grou beton sonder hart,
klakkeloos ons vuurtonge sonder dink,
wagtende gif in hierdie ruisende stad.
Groei ‘n kosmos blom
uit klip…in jou oerwoud sonder son.
2 Kommentare
-
Viooltjie
Baie goed gedoen :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie dankie vir jou deelname aan die INK en SA Vryskutskrywer kompetisie, sterkte en mag die beste persoon wen!