Jongste aktiwiteit:

Vals note

 

Valse note

dit is stil om my
waar herinnering my lei
net ek ken die geheim
waarom ek my drome vermy

gister se beloftes is verby
ons saamwees het ek beny
maar toe ek ophou aan my drome verf
het iets binne my gesterf

ons foxtrot ritme was vlot
jy’t my glimlaggend op die skouer geklop
sagkens jou oë in myne gerus
my in voël-gesang berus

met newels waar my trane wegraak
wil ek letsels van my siel aanraak
my betraande oë staar oor die speelveld
in gelid lé vals note op die slagveld

ek wil my teen jou aanvly
smeek dat jy in my drome sal bly
maar ek sit sielsalleen op die speelveld
staar na dowwe spore oor die slagveld

Emsa Haasbroek




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed