Agter die skynglans
Agter die Skynglans
die volmaan gloed oor verlate waters
onheilspellend die koue maanligaand
die nag in sy midde
my deur dig gegrendel
ek staar deur stofbedekte ruite
buite kreun donker takke
ń silhoeët verskyn uit donker hoeke
sluip saggies nader, sy slingerspoor verdof
agter die skynglans van die maan
staar hy vasberade met leë oë
sy kilheid oorkleed my
met hoe boosheid lyk
soms as die volmaan hang
kom haal hy meer van my angs
intimidasie vibreerend deur sy stem
mag ek gespaar bly deur sy gewetenloosheid
sodra hierdie nag sy kop knik
sal my laaste traan wanhopig pik
verbreek lê sy houvas
van ń bose volmaan kringloop
(c) Emsa Haasbroek
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek