Jongste aktiwiteit:

Toekoms van Hoop

Toekoms van Hoop
Geskryf deur Dale Penderis ©

Hier sit ek en wonder
van vroeg tot sononder
die legkaart van my in U hand
Hoopvol afwagtend
die geloof in my brandend
ek sien al die deurknop wat draai

Gee my ‘n glimps van my toekoms, O Heer!
Ek’s desperaat opgewonde, ek kan dit nie keer!
Ek dra ‘n ontploffing wat wil manifesteer
Kom toon my die legkaart, o Heer!

Ek kyk om my heen
ek sien mense ween
Die geloof besig om te taan
Ons roep uit, o Vader!
Wees ons genadig!
Maar die stilte maak ‘n geraas…

Keer terug, sê die Heer!
na wat Ek jou wil leer
maar jou ore het stomp geword!
Maak oop My Woord en
kom eet van die Brood
Oordink die geskrifte en probeer dit onthou
Dán sal jy sien hoe die legkaart ontvou

Want kyk! Ek maak vir jou oop
‘n toekoms van Hoop!
My Woord is die rede
vir ‘n toekoms vol vrede
Want dís MY begeerte vir jou!




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed