Home Renovation
Home Renovation
geskryf deur Dale Penderis ©
Diep in die holtes van my siel
In ver wegsteek plekkies
Deur die lewe verniel
In kissies en kassies en agter toe deure
Die kamers van my hart
Oor gister se gebeure
Maar gister se bitter lyding
Bring mee ʼn goeie tyding
Die kamers nou skoon
Van wie eers daar woon
Tyd vir die groot trek en deep cleanse daarby
Gepolish deur olie by die Here gekry
What a make over, home renovation
Found in His grace and precious salvation
Die vensters blink nou en staan wyd oop
Die huis is gevul met liefde en hoop
Wat sou dit my kos as ek my nie steur
Aan die Een wat staan en klop aan my deur…
Maar die Een in beheer het gesê Hy kom weer
Hoe lyk jou huis en is dit ook skoon?
Of lê dit vol stof en as dit so is
Hoe kan Hy daar woon?
Vee skoon elke hoekie en elke vertrek
Ook Ek in die Hemel berei vir jou plek
Kom kry nuwe lappies en reinig jou huis
Wie bly in My Woord
Ek kom by hom tuis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.