Jongste aktiwiteit:

Breek los!

Breek los!
geskryf deur Dale Penderis©

Verbittering, woede en dinge vol duister
Word in die donker in jou oor gefluister
Onsekerheid, verwarring slaan hard teen die muur
Jou gedagtegang
Wat in die donker hang
Die minute tik af teen die uur

Jou oog is die lamp van jou siel
Hou dan nou op om jou denke so te verniel
Breek los van die dinge wat jou duur gaan kos
Als wat jy kyk is donker en wreed
Hoe verwag jy dan ʼn hemelse kleed?

Kry klaar met dié dinge, sit aan die lig
Van elke hartskamer
Die toekoms in sig
Moenie meer swyg
Wéét wié maak jou stil
Kry reg jou saak
dís God se wil

Gaan in in jou kamer
Raak stil voor die Heer
Kom kniel in aanbidding
Dat Sy Gees jou leer
Raak stil, o my siel
Kom deel aan die Brood
Dis tyd om te kies…
Lewe of dood




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed