Jongste aktiwiteit:

belofte

oor my duin hang
daar die rokies van fees vure
meeste maar net braaivleis vure
vakansiegangers wat ontspan
gedagtes gaan oor beloftes
uit nood maak mense
beloftes – geloftes

my siel sweef oor die baai
meeste families sit en eet om die kaai
vrolike stemme van kinders en groot mense
verbreek die anderse stilte van aand se uur
gedagtes ver terug na die soutpansberg
op swarthoek se fees terrein saans
met volksliedjies en braaivleis

wat sal my belofte vir vandag wil wees
nood is daar wel en dreigend staan vyande weer
vyande van die gees vir wie lewe nie meer heilig is nie
sou ons vader ons beskerm en dra deur hierdie tye
sal ons sorg dat daar vir ons kinders toekoms is
ons kultuur beskerm, koester en laat groei
sodat voorvader-geloftes kan voortleef

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed