Verlies van ‘n wonderwerk
Soos die flap van ‘n vlerk
Het my hart ontplof toe ek hoor
Deur liefde en God se Handewerk
Was ‘n baba in my buik ingetoor.
Ons was lief vir jou, elke sekond
Jy was so baie welkom by ons
Alles was mooi, ‘n permanente glimlag om my mond
Ek kon nie wag om te hoor hoe jou hartjie bons.
My liewe kind, soos alles om my
Het die satan my blydskap syne gemaak,
hy vernietig alles en toe steel hy selfs jy
En daarmee is ‘n permanente gat deur my hart gekraak.
My arms voel leeg al kon ek jou nooit vashou
My hart voel swaar al het ek dit leeg gehuil
My liggaam raak gewoond aan hoe dit is sonder jou
Maar om jou weer deel van ons drome te hê, dit sal ek vir alles verruil.
Ek is jammer my liggaam kon nie die èèn ding doen,
Om my lief-kind teen die wêreld te beskerm
Ek sal nooit weet hoe dit is om jou wangetjie te soen
Of om te hoor hoe jy ons snags wakker kerm.
Jy is weg, na die Ewigheid daar bo
Ek reken jy was net te perfek vir die aarde
As God dit Wil, dan is dit so
Hy kies die engeltjies met die meeste waarde.
Ek gaan jou mis, die idee van jou
Al gaan seisoene jaar na jaar verby
Maar as ek opkyk na die Hemelblou
Weet ek jy glimlag neer op my.
Verlies bly seer, dis hoe dit altyd sal bly
Niemand kan ooit begin om te verstaan
Dan dink ek aan alles en aan ons wonderwerk, jy
Dan skuil daar ‘n glimlag agter elke traan.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Hartroerend seer!