Antwoordlose vrae
As die kruik kraak wil die wyn uitloop
Wil die trane van diep binne ‘n oseaan vorm
‘n Tsunami
Te veel goed. Te veel goed. Te veel GOED.
Dis die rigting waarin ons almal gaan
Dis hoe dit werk
Soekend na antwoorde op vrae wat nie gevra mag word
Hoekom
Waarom
Hoe
Sal ek die kurk kan vasgom
Die stroom beheer
Die emosie wegsluit in ‘n kluis
Sonder sleutel
Ek wil bars maar die skade is te groot
Dis beter om in stilte te skree
Die lig sal volg – dit doen altyd
Bêre.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.