Jongste aktiwiteit:

Wie is ek vir jou

Wie is ek vir jou, dat jy my so kan verwar
dat jy my met liefde kan hanteer maar ook met haat
Wie is ek, dat jy met die slaan van die deur van ‘n kar
my mooi laat verstaan hoe mens gevoelens uitlaat

Jy maak asof ek die een met die probleem is
ek erken ja, ek is natuurlik ook nie altyd reg
Maar het jy ‘n idee hoeveel mooi oomblikke jy gaan mis
Bloot omdat jy my laat wens ek was weg

Jy is besig om elke stukkie van my identiteit te steel
jy dink ek is tough en ek kom weer daar oor
Diep binne my, raak die seer net te veel
Om sommer weer met mooi woorde reg te toor

Onthou wie ek is, jy het my gekies, onthou jy
jy het belowe om my kant te vat en my op te bou
So vining het jy vergeet en draai jy alles teen my
En dink dis okei om my daarna weer vas te hou

Wie is ek vir jou, wie is ek vir jou, wie is ek vir JOU
want vir myself is ek lankal ‘n gesiglose spieël
Ek weet wie jy is, ek ken jou gister en nou
Maar jy het wie ek is lankal verniel

Die vraag bly hammer, maar sal met tyd vervaag
ek gee klaar nie meer om wie ek vir jou moet wees
wanneer woord-vir-woord aan my hart kom knaag
Sal ek onthou dis jou mond wat ek die meeste vrees

Wie is ek vir jou, wel jy weet self lankal nie meer
Maar dis ek, ek is die een wat myself moet laat lees
My harde hart het ook ‘n ander kant en dis teer
Maar jy kies om die vernietiger daarvan te wees.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak