Jongste aktiwiteit:

WOORDE KRY VLERKE

my mond is toe, my ore oop
ek is die vlieg teen jou muur
neem waar, neem op, verwerk
jy huil, spoeg en praat
soos die vlieg in jou sop
onderbreek ek jou selfbejammering
dring ek my in jou kop in
gee ek raad, troos ek, vra ek
of ek jou storie kan gebruik
gee ek jou woorde vlerke

©HMellet




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed