Jongste aktiwiteit:

ʼn Minnelied

ʼn Minnelied
geskryf deur Dale Penderis ©

Elke siel vertel ʼn storie
Van swaarkry of van glorie
Van te veel of van te min
Net nooit genoeg nie

Elke plooi is ʼn verhaal
Van seerkry of sukses behaal
Die spore van die lewe
Soos ink oor ons geskryf

Elke bitter het ʼn oorsprong
ʼn fontein van soet en sout
By elke afdraaipad
kies ons reg of maak ʼn fout

Maar met elke liewe keuse
Is dit goed of is dit sleg
Staan vergifnis vir ons geskrywe
en ʼn Stem wat wys die Weg

Hoor wat sê die Here

Ek wag vir jou
Kyk, My beminde
Ek sing oor jou
My uitverkorene
Ek wag vir jou
Ek is Liefde
Ek wag vir jou
Ek is Vrede
Ek wag vir jou
Ek is jou Hoop
Ek wag vir jou
Hoor jy My klop
Ek wag vir jou
Ek wag vir jou
Ek wag vir jou
Ek wag vir jou
Hoor jy My fluister
Ek verklaar My Liefde nou aan jou
Ek wag vir jou, My geliefde
Ek wil My arms om jou vou
Ek wag vir jou, maak oop jou hart
Ek wag vir jou…
Ek wag vir jou…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed