2: MET, OF HEUNINGWYN
Die winter is n regte man, 2: MET, OF HEUNINGWYN
[245 WOORDE]
Die koudste wat ek ooit gekry het was die Kersfees toe ons kleinkinders met al die besoekooms en -tantes ‘n „sneeuwandeling” gemaak het en die dowwe „Opa” moes saam. „Koud is die windjie en skraal, en daarbuite. . .” En daarbuite kom Opa amper om in die hel, die yshel, die sewende hel, die aller, aller sewendste yshel.
Die trane het in my wimpers saamgevries, my wangbene, vingertoppe, tone, alles wat ‘n bietjie van my lyf afstaan, het afgebreek en gekraak soos wynglasies in ‘n renoster-arena. En terwyl die Duitse familie al sneeubalwerfend, vertellend wat hulle in die jaar beleef het, self na niemand luisterend, met die kinders skertsend, oor die diepvriesvlaktes van die voorhel gekuier-kuier het, het ek huistoe gestruikel en op my knieë vallend, my hande tussen die ribbe van die verhittingsstel [woordeboek] in-ge-druk-so-ver-as-ek-dit-moont-lik-kon. Die hele personaal en slaafhouding saam met aanverwante skoonfamilie, inklusief skoonvrou, kon niks tot belaafnis doen nie, totdat Sofia die briljanteste idee van haar lewe kry: „Met”, warm heuningwyn, met suurlemoen en, van kop tot voet in twintig sentimeterdikke veerbeddens ingewikkel, warm in te neem, daarna Kersfeesgans, warm uit die oond. Het gehelp, maar die parallelstrepe op voorkop en wange het tot na nuwejaar gebly.
Die manne van die Witwatersrand is hard. Ja-ja, weet ons al. Maar ek sê julle, daai man met die ystervlees wat nog soet nog suur is, is héél-wat harder as hierdie Benoni-boytjie. En ook die meeste ander Vaalpense ook nog, skat ek.
2 Kommentare
-

Ano
Ek het al gehoor van hierdie half-warm wyn wat die mense drink om warm te word. En hierdie Vaalpens-Benoni-antie sal nooit waag om dit te spel nie. :-))))
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Brrrrr, ja ek glo jou!!