3: MY LEKKERSTE EUROPESE WINTER
Die winter is n regte man, 3: MY LEKKERSTE EUROPESE WINTER [243 woorde]
In Europa is die winter, soos bekend, koud. Daar’s niks aan te torring nie: Koud! Soos toe „Opa” hom in die warmtestraler (Engl. Radiator) so erg verbrand het dat die letsels nog ná Nuwejaar te sien was.
Dis nie altyd so koud nie, besonders op die Noord-Duitse vlakte (waar die seestrand van Cuxhaven etlike honderd kilometers tot Gifhorn strek). Toe ons eerste dogtertjie gebore is, het die Queen Elizabeth-roos op die tweede Januarie gebloei. Rêrig, op haar geboortsdag: Oop-ge-bloei! Hulle sê hier, as die sneeu in November kom, bly hy vir die res van die winter weg. Dis dan natuurlik gevaarlik vir die winterkoring want hy begin groei, pleks van onder die sneeukombers winterslaap maak, en kan deur die Februarie-ryp vernietig word.
Die warmste wat ek ooit gehad het, was toe ek in Desember in ‘n metaal container gewoon het, en die sweetdruppels het ploep, ploep en ploep en nogmaal ploep van my ribbe op die laken geval – by 45°. Die jaar toe ek aniekaap was.
Hoe sê? Winter? Maar natuurlik winter! Daar was duidelik op die groot bannier aan die voorhek van die Engelse privaatskool in Constantia te lees: „Ons sien mekaar weer na die wintervakansie op 17. Januarie”
Elkgeval, dit was my lekkerste Europese winter. En daai ystervleesman kon my niks aandoen nie: Sien ek al, tot sy nadeel, geleer hoe om te sweet.
„Der Winter is ein rechter Mann
kernfest und auf die Dauer
Sein Fleisch fühlt sich wie Eisen an
und schmeckt noch suß noch sauer.”
2 Kommentare
-
Kiekies
En om so warm te kry is ook g'n lekker nie!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek