Gemeenskaplike euwel
Ek is die kind wat in sand en stof skool toe slof
Ek dra die wêreld se tasse op my skof
want ‘n wolf in die bos wat langs die paadjie luier,
is die wolweskaap wat Sondags by ons kuier
Ek is die kind wat reeds roem bereik het,
kortstondig, tot die koerant verbleik het
en ek weer opduik, in nat grond gebaar
verskeur, verwese, in vrees verstar.
Ek is die ma, ek het my kind vermoor
al is die skuldige lankal verhoor
en gevonnis, soos ek, lewenslank
om my daagliks met selfverwyt op te hang
Ons is ma en kind in hierdie Afrika,
wat die wêreld se onheil op ons skouers dra
(rymende koeplette)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek