ALLETTA BOONZAAIER HOOFSTUK 3
“Ek is eintlik n plaasmeisie Melt, daar van Jansenville se wêreld waar my ouers met Angoras en skape geboer het. Soos jy my vanoggend vertel het hoe jy sorgeloos en gelukkig groot geword het kan ek dieselfde sê van my jongmeisie dae op die plaas. Saam met my ouer broer was ons gelukkig en het […]
Ere aan Amakeia
Op die grens van Kafferland het jy menig’ Amakeia deuntjies in die skitter van die awendster aan die witkind sag geneurie al was sy mamma bitter ver Want daar’s aan haar belowe sonder huiwer, sonder kla toe sy sterwend aan jou vra dat jy die kleine piekanini tot die dood op jou rug sal dra […]
Die droë spasies in asemhaal
Koffie kringe omring van my woorde op die verbleikte papier die blou ink is gesmeer trane vlek al droog dit op daar is dinge in die lewe wat jy net moet verduur soos mense wat stink en mense wat dink hulle is perfek daar is ander harte ook gebreek ek weet die storie word al […]
Strandlopertjie
tussen gebreekte tinsel wat oor seestrand spoel en ‘n gekraakte bloedrooi bal wat aan die horison hang het ‘k as verlore afvlerkstrandlopertjie oor korrelklip en fyn gebreekte skulp gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap hier het ek my sielsvrede in die ritme van jou hartklop kom vind waar jou liefhê oor my dartel […]
Uit die oog, uit die hart?
tussen brief vergeeld en lem geroes waar geen son of ster of maan ooit weer die duister sal verlig nie dig nog net haar sagbruin oë stil – deur glas en stof – sy naam © C. Shaw 16 Februarie