Pa en die maanhaar
Pa en die maanhaar, deur Stephan Uys Kyk, as jy boer is vakansies mos skaarser as hoendertande. Ek het reeds vyf hoendertande gevind voor pa ons een jaar Kruger Wildtuin toe vat vir ʼn vinnige wegbreek. Omdat niemand kon weet hoeveel hoendertande daar lê voor die volgende vakansie nie, koop Ma ʼn mik-en-druk kameratjie om […]
Liefde bewys
Liefde bewys Waar kruis uit grou-grys graniet verrys waar gebroke man aan houtkruis hang waar growwe grond Gods bloed opvang het God sy liefde aan die mens bewys. Asyn vir Sy pyn word van die hand gewys met “Dit is volbring” eindig Hy sy foltering Romein getuig Sy Godheid in stomme verwondering as God Sy […]
Ode aan my vrou
Ode aan my vrou Jou vroegoggendsoen is oggendstondgoud op my mond my siel word toegeskulp in die weelde van jou pêrelglimlag jou stem se fluistering fluweel die kamers van my hart ek proe ons ewig-saam in die heuning van jou tong. Ons elke dag se paadjieskei krater my bestaan lawarooi die magmaverlange wat diep in […]
Tog so ver
Ek kom kniel voor jou na ‘n rowwe lang stap, hier waar alles om jou groen is, en voete so pap. Ek swem in die waters, en jy was af hierdie bloed, die seerste sal maak, wanneer ek jou moet groet. Ek drink vanuit jou gees se vloeiende spruit, soos die liefde van ‘n man, […]
Namakwaland blom
In die donker van onbekende vrees staan jy eenkant en lyk benoud. Die kommer van vandag draf oor jou lyf, met angs begin die waters daai wange oorvloed. Die geroep van my naam druis oor die berge, die snik na my arms voel ek deur die grond. Die merke van my keuses sal jou nie […]
huppel
met boetie aan haar hand huppel sy liggies oor die sand elke laggie uitgedruk in klanke wat gepaard gaan met kuiltjies rooi wangetjies so opgewonde elke kyk wat sy gee ‘n kiekie vas geprent in haar geheue so huppel jong mense deur hul lewens sonder vrees net in geloof daarsonder sou kinders nie kinders kan […]
Verbrande brug
Met woord, daad en kyk (so bitter onverskillig) het jou hand oor swael getrek en waar eens ‘n oorloop was vertoon nou stom-verbaas slegs ‘n hopie as met een enkel daad is ‘n leeftyd se vertroue geskaad met een enkel woord ‘n galg gehang vir finale dood met een enkel kyk het vrede ontwyk my […]