Kaggelvuur
In ‘n donker kamer met net een venster, hoor ek die gehuil van die winter wind. Koue, vrees, en nag geluide oorskadu die hitte van my kaggelvuur. Waar is die hout wat my hitte gee? Waar is die toevlug van die geeloranje lig van hoop? Met elke klap en elke vonk, hardloop my gedagtes met […]
Spore
Soos ‘n olifant spoor in die bosveld stof! Die grootste en swaarste maar tog so stil. Een met baie gevoel en oneindige respek. Jy sweef as jy loop, vol passie en gesag. Daar waar jy wei is duidelike herinneringe en bewyse van jou stempel, diep en so erg versigtig. Mag my hart jou stofpad wees […]
Sport en so en dit
Waar was ek die afgelope paar weke? Ek gaan jou nou nie verveel met die details nie. Kom ons sê maar net alles wat moontlik skeef kon loop, het. My oog wat altyd aan die spring raak as ek gespanne of geïrriteerd raak (jip, my nervous twitch) het opgehou om te spring en sommer ontaard […]
Boetman en die Baber (Brons)
Vader was ‘n visserman. Hy was deel van Abramskroos. So suinig soos die hel van self, sou selfs vir Scrooge laat bloos. Boetman was sy vakleerling, Uit sy pa se aangesig gesny. Menig dae sou die twee saam na Valie se visgat toe ry. Moddertrappers en slapsalies word aan die hoek gestring In doodse stilte […]
gordyn
van waar ek is altyd opwaarts boontoe na die lig breek deur die vensters betree nuwe vlakke van wees fotografeer die bewoners daarvan altyd stygend, altyd bewegend altyd saam met vae figuur minimum kommunikasie maksimum beelde breek deur mis skeur gordyn staan stil kniel reik na kleed Lig verblind ©Teárlach
Op reis: Die ander dae; George (al die pad)
Die dag na die KKNK was ons rustig. Om jouself soos ’n student te gedra is opwindend en lekker maar in jou 30’s is verlore slaap en baie wyn iets wat jou na ’n rukkie beginne inhaal. My sloertoer het verander in ’n vashaak in George (en ’n een-dag-terug-tog huis toe). Die res van my […]
APRIL 2019 Projek – Humor
Beste Inkers Hierdie maand ondersoek ons die genre van humor en komedie. Digters: Skryf ‘n humoristiese gedig in eie styl. Daar is géén voorskrifte nie behalwe dat die komies moet wees. Verhaalskrywers: Skryf ‘n komiese verhaal oor iets snaaks wat in ‘n kerk kan gebeur of wat jy reeds in ‘n gewyde atmosfeer ervaar het. […]
Takhaar
Takhaar Drie jaar terug daag hy op Ongenooid soos voëlpoef Sy beeld is rû, onafgerond Sy persoonlikheid opdringerig en reguit Vanaand daag hy weer op uit die niet Eers het ek sy Harley hoor dreun Hy rem, haal sy valhelm af, skud sy hare En daar sien ek weer my takhaarman Hy kou n vuurhoutjie […]