God gee om
Mossie mossie, voëltjie kind met jou skerp gepunte bekkie waarmee jy alles verslind. Vaalbruin is jy van kleur met ‘n titseltjie swart en dalk ‘n kolletjie wit so tussendeur. Weet jy, dat jy vir God belangrik is? Weet jy, dat Hy jou bewaar? Weet jy, dat Hy jou lewe in Sy hande hou? Jy wat […]
Gister, vandag en more
Gister, ‘n (half)voltooide skildery multidimensionele sensasionele emosies en gebeure vasgevang in een dimensie. More, ‘n geslote ongeskrewe boek leë bladsye vol van niks sonder enige lewenswysheid wat wag om gevul te word. Hier en nou is die pen en kwas om vandag in te kleur gestalte aan vandag te gee om gister se skildery en […]
Aanhou
Ek staan op die stoep van realiteit, in hierdie somersnag. Die wind van herinnering waai liggies oor my vel, koel en skerp met ‘n lui draad van hoop. Ek kyk op na die sterre, waar het my Suiderkruis heen verdwyn? Is jy veilig of is jou voete moeg my nooi? Water vorm weer in hierdie […]
Die soldaat
Soos gewonde soldate in ‘n oorlog wat skarrel vir skuiling, so ook soek my vingers na die woorde op my foon. Waar kry ek die moed, wanneer gaan ek kan praat? As my oë toegaan, hoor en sien ek die patrone van die verlede verby jou vlieg, die bloed en geluide van ons pyn. Steeds […]
Plaasdam
‘n Warrelwind waai oor die plaas, die wolke trek saam en die stof gaan lê oor die veld. Droog en verlate staan die leë plaas dam in die hittige son. Die druppels begin saggies een vir een neerstort. So tussen deur die krake en verf wat af dop, loop die water skelmpies uit en was […]
Que Vadis
QUE VADIS Armandt was ‘n dood normale, blinkoog seunskindmens wat gehou het van dood normale seunsgoeters doen. Hy het karretjies gespeel, buitekant rond gekerjakker en kattekwaad aangevang. Maar van kleins af het daar ‘n Damocles-swaard oor klein Armand se kop gehang. Hy het glad nie belanggestel in sport nie, veral rugby was vir hom ‘n […]
Neandethal Pyn
Ek sidder as jy met jou oermens-voete Oor my siel bly loop. Ek ril as jou oermenshande My elke dag van menswaardigheid stroop. Ek sien my hoop op geluk Soos mis verdwyn En ek dra alleen Aan my Neanderthal-pyn. Lorraine Smit 2004
Littetekens op my siel
Ek was 15 en swanger met die army uniform se kind (ers sou ek tydens die miskraam uitvind), Hy het by ons in die huis gebly, want hy wou nie nadat hy met die army klaar was, na sy eie disfunksionele huis teruggaan nie. Dit was ‘n fout, ons almal weet dit nou, maar dis […]
die welt ist den eine nicht
op my duin sit ek alleen daaglikse brood ontbreek my nie van seëninge onverdiend oorstroom dankbaarheid wel op in my siel het elke mens sy leef-wêreld sy persoonlike bestaan tussen miljarde ander ly en stry hy alleen hoe kan ons dan ‘n “een-wêreld” probeer stig ‘n verslawende “een-wêreld” pleeg leef jou eie streng uit wees […]