Jongste aktiwiteit:

April(Bladsy 18)

Mossie mossie, voëltjie kind met jou skerp gepunte bekkie waarmee jy alles verslind. Vaalbruin is jy van kleur met ‘n titseltjie swart en dalk ‘n kolletjie wit so tussendeur. Weet jy, dat jy vir God belangrik is? Weet jy, dat Hy jou bewaar? Weet jy, dat Hy jou lewe in Sy hande hou? Jy wat […]

Gister, ‘n (half)voltooide skildery multidimensionele sensasionele emosies en gebeure vasgevang in een dimensie. More, ‘n geslote ongeskrewe boek leë bladsye vol van niks sonder enige lewenswysheid wat wag om gevul te word. Hier en nou is die pen en kwas om vandag in te kleur gestalte aan vandag te gee om gister se skildery en […]

Ek staan op die stoep van realiteit, in hierdie somersnag. Die wind van herinnering waai liggies oor my vel, koel en skerp met ‘n lui draad van hoop. Ek kyk op na die sterre, waar het my Suiderkruis heen verdwyn? Is jy veilig of is jou voete moeg my nooi? Water vorm weer in hierdie […]

Soos gewonde soldate in ‘n oorlog wat skarrel vir skuiling, so ook soek my vingers na die woorde op my foon. Waar kry ek die moed, wanneer gaan ek kan praat? As my oë toegaan, hoor en sien ek die patrone van die verlede verby jou vlieg, die bloed en geluide van ons pyn. Steeds […]

‘n Warrelwind waai oor die plaas, die wolke trek saam en die stof gaan lê oor die veld. Droog en verlate staan die leë plaas dam in die hittige son. Die druppels begin saggies een vir een neerstort. So tussen deur die krake en verf wat af dop, loop die water skelmpies uit en was […]

QUE VADIS Armandt was ‘n dood normale, blinkoog seunskindmens wat gehou het van dood normale seunsgoeters doen. Hy het karretjies gespeel, buitekant rond gekerjakker en kattekwaad aangevang. Maar van kleins af het daar ‘n Damocles-swaard oor klein Armand se kop gehang. Hy het glad nie belanggestel in sport nie, veral rugby was vir hom ‘n […]

vroeë reën laat fynbos groen my duin grys uit tussen die groen daar langs krioel krappies op nat sand met elke wit skuim soom deur branders kiewiete baklei steeds hard en luid fisante kloek-kloek daaroor meeue swewe verhewe ek sit en my siel wil net swewe ©Teárlach

op my duin sit ek alleen daaglikse brood ontbreek my nie van seëninge onverdiend oorstroom dankbaarheid wel op in my siel het elke mens sy leef-wêreld sy persoonlike bestaan tussen miljarde ander ly en stry hy alleen hoe kan ons dan ‘n “een-wêreld” probeer stig ‘n verslawende “een-wêreld” pleeg leef jou eie streng uit wees […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed