Jongste aktiwiteit:

Mei(Bladsy 4)

toe wingerdstok so roesrooiblaar, toe klipkranse ’n volmaan baar, toe heel die lug skarlakenvuur in lofsang aan die skemeruur het herfs se wind, so allerstil haar asem oor my wang gewil; toe effe koud haar gang gegaan my (eenling) langs ’n berg laat staan © Carma Shaw 19 Mei 2019 13:49

Bekruip, betrap n dief in die nag terwyl ek nog so lekker lag. Heeltyd bewus van n skeelhoofpyn elke dag. Warm bloedklont beur met alle mag stol, sit vas elke oogbol in sy kas kyk leeg verby asof dit lewe wil vermy. Emosieloos platgetrek op die kombuisvloer sukkel ek om my te roer. Verlam my […]

As liefde die siel sou verlaat, is dit wat nou oorbly dan net apatie, of is dit dalk haat? As liefde vir dié een die liefde vir dáái een laat kwyn, was dit ware liefde, of liefde geleen? Waar bloed nie kan loop nie daar kruip dit, is wat hulle sê, maar as die bloed […]

vanoggend is die lug skoon ver oor die blou einders lê daar wolke maar hier op my duin is dit helder blou lug so kry mens helder oomblikke waarin jy sien alles wat om jou is in die glorie van die skepping dan glo jy sterk en duidelik in wat jy kan sien maar wanneer […]

die see se gedreun laat my snags kreun selfs my brak stem saam en gee kort stote en beaam woorde wat niks beteken maar gevoel oordra glad nie poëties geskets ook soms verdwaalde sinsbou dra telkens gevoel oor van digter wat op my duin se strate leef byna uitgesterf die spesie uitgemergel deur regels opgestel […]

mooi is die golwe vandag meeue baljaar vrolik en vars wanneer hul witmossels knars na die simfonie van die nag helder speel sonlig oor die baai vistreilers se enjins brul in koor kom tuis voor die groot gehoor blink lê snoek lywe op die kaai dof skuil woongebiede onder rook daar is werk vandag die […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed