glo dit
vanoggend is die lug skoon
ver oor die blou einders lê daar wolke
maar hier op my duin is dit helder blou lug
so kry mens helder oomblikke waarin jy sien
alles wat om jou is in die glorie van die skepping
dan glo jy sterk en duidelik in wat jy kan sien
maar wanneer dit duister raak om jou
en donderweer dreig om jou
dan raak geloof soms dun
om te glo in wat jy sien
is minder as ware geloof
om te glo in wat jy nie kan sien
is die begin van ware geloof
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.