roos
stormweer het my duin byna verwoes laasnag uitgekalwe aan seekant weke se sagte sand geskuif waar ek sweef sleep my een been nog ‘n roos van die soutpansberg is laasnag vroeg afgeknip so vroeg dat dit seermaak verlep in haar fleur dit maak baie seer dit maak baie hard maak vasberadenheid om nog meer paraat […]
Resensie: DIE LAASTE VOETGANGER, die film
RESENSIE: Die laaste Voetganger [Hersiene, verbeterde, GELDIGE uitgawe] Gottlieb Sänger is ‘n gemoedelike oujongkêrel van so veertig, vyftig. Hy werk as argivaris by ‘n tydskrif-redaksie. ‘n Rustige lewe midde-in die grootstad met al sy geraas en gedreun en anonimiteit. Probeer hy elkgeval. En hoe bly is so ‘n mens as die verloftyd aanbreek. Eindelik, eindelik […]
VERLANGE MORS IN MY
VERLANGE MORS IN MY Die reën flenter soos die gesuis van die see teen die vensterruit. Die druppels slenter nat en ongetem deur die branderbreek van my hart se rou klop. Ek verlang. Ek verlang na die warmte van ‘n stil-teer aanraking. Verlang na die weerlose-nuanse van ‘n weerlose liefhê-stem. Ek verlang na die fynskrif […]
Spook – (Kwatryn)
Daardie dag toe jy my nie meer bemin word ek persona-non-grata (onsin) binne myself die uitgeworpene ‘n spook wat net dwaal en probeer besin
#Hutsteken-waan
dit lok jou onwetend in… die: wye–web-waan los jou ewig hunkerend (leeg) altyd onvoltooid #status #tweet #filters waarheid… of illusies van rooskleurige lewens wat jou vasnael in verslawing aan ‘n gejaag na (ontasbare – voorgee) beelde #swipe #like #comment ek wil jou oë sien jou reuk inasem die lyne van jou bewegings volg die hitte […]
hiper
oor my duin lê daar vrede oral om my juig die aarde van genot reën druppels het elke fynbos blaar benat oor die see lê daar belofte van nog wat kom hoeveel dankbaarheid kom daar eerlik uit jou hart wanneer jy so onverdiend lewe en vrede ontvang gesondheid om te kan loop en werk elke […]
Oud word is nie vir sussies nie
Ek loop doelgerig uit die kamer. Oppad na….. ag hel, wat nou weer? Dit moes wraggies nie belangrik gewees het nie. Ek sou dan darm onthou het. Ek skakel die ketel aan en glip twee snye brood in die rooster. Ou Douw se koffie aroma kom draai sy vinger diep in my sinusholte. Ek sluit […]
STILLE WATERS; DIEPE GROND
STILLE WATERS; DIEPE GROND …….. Hmmm, my kop wat tot byna verdrinktoe in ‘n wasbak vol water gehou word terwyl ‘n man besig is om…. Om my van agteraf te…. te rieparaai. Ek het meer as eenkeer gedink ek gaan verdrink…… ‘n Paar sekondes se asem dan word my kop weer onder die water gedruk […]
roepstem
koue klam mis bedek my duin soos ‘n klam lap op vurige hoof waar gedagtes sweef en op styg kalmerende gevoel wat vertraag goeie gedagtes vorm om geloof om goed te doen sonder oordeel te vermaan sonder vernedering wysheid uit die Woord van God soveel mense lewens lewe nooit vasgevang in alledaagse organisasie bome sonder […]
more
mistige verwagting eeue se bespiegel en raai miljoene woorde van voorspelling oneindige wan voorstellings, valse profete op my duin is daar net verwagting en hoop geen gespesifiseerde profetiese woorde geen valse voorspellings of profete net sagte aanvaarding en hoop môre sal vir môre sorg wanneer aarde bewe hemel liggame wankel dan sal almal sien en […]