roepstem
koue klam mis bedek my duin
soos ‘n klam lap op vurige hoof
waar gedagtes sweef en op styg
kalmerende gevoel wat vertraag
goeie gedagtes vorm om geloof
om goed te doen sonder oordeel
te vermaan sonder vernedering
wysheid uit die Woord van God
soveel mense lewens lewe nooit
vasgevang in alledaagse organisasie
bome sonder kunsmis dra nie vrugte
die vyand se bos groei vry en wild
om geroep te wees was altyd heilig
te dien en nie om beroemd te wees
dien sonder om op pryse te roem
sonder om sosiale vlinder te wees
wie oordeel sal veroordeel word
wie ander se bediening gering ag
jy sal aan jou vrugte geken word
geplant in die grond waar jy woon
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.