Jongste aktiwiteit:

September(Bladsy 2)

met die geroep van wildeganse ontwaak ek vanoggend helder luide roep my duin lê stil so vroeg oggend die see het weer laasnag baljaar en plante uitgespoel strand lyk heel anders sandbanke gevorm witmossel skulpe saggies dein golwe nou weer in en uit glad soos ‘n meer geen woeling geen skud of slag sag ©Teárlach

Beminde (Uit Gedagte Wandelings) sagte sproei teen my wang dit is hoe dit voel as ek jou vang oorverdowend is jy op my oor as ek jou aanslag aanhoor gryp jy na my voete so sag alles trek jy terug met brute krag my emosie kan ek met jou vereenselwig want niks wat jy wys […]

Sielsvrede ek was jaloers op ander se geluk liefde en samesyn wat hul ervaar die verlange was daar onder pyn en trane loop ek gebuk soos ʼn kokosneut is my hart gebreek oor en oor tot onherstelbaar myself wou ek graag wreek tot ek ook geluk ervaar min het ek geweet my hart moet oopbreek […]

dans deur die fynbos dans oor droë duine dans deur die wynland dans in die mistige reën dans deur die fynbos dans oor wit strande dans deur die swartland dans in die geel koringland dans deur die fynbos dans elke dag weer dans deur jou lewe dans tot eer van die Heer ©Teárlach

Lewensboek groot wou jy word daar was baie trane gestort vandag betree jy die wêreld onthou net jy is God se pêrel bou op die fondament die een waarteen jy rebelleer dit is nie gegiet in sement lewenslesse sal jy nog baie leer vat elke dag met nuwe hoop laat die Here saam jou loop […]

Niks hoe sit ek dit in woorde die gevoel van niks gevoelens het verskillende akoorde tog voel jy niks ‘n leegte gevul met denke wat gevoelens fabriseer dit laat die leegte vibreer valse gevoel gevul met seer ‘n lugleegte gevul met sterre gefabriseerde gevoelens wat uit brand en verdwyn in die verre verbintenis is verbreek […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed