as jy maar
wat die oog sien en die hart na hyg moet jy oor swyg kon jy maar die mooi wat jy sien kwantifiseer en in 3D druk om te koester en te hou om aan te voel en te onthou nou moet jy dit maar beskryf en verder verswyg ©Teárlach
Pennie in die sand
Pennie in die sand As ek maar net, nog kon droom oor ons ou land sou ek werklik droom van ’n pennie in die sand die verre, verre verlede toe kinders nog kinders was die verbeelding van stories op die radio, nie op die kas kleiosse, modderkoekies, boomklim en speel in die water wegkruipertjie en […]
Goliat
Goliat Tree vir tree tussen die skare stap hy nader daar waar almal kuier, raas en skertsend vergader moet hy nog een keer toegee aan hierdie strewe is hierdie nie dalk, net die Goliat in sy mislukte lewe hy val dieper en dieper in die donkerte af en af as hy net kon praat, maar […]
Gekreukelde bladsye
Dit is ‘n heerlike sonskyn oggend, Tanya is besig om buite in haar tuin rond te wandel. Sy gaan sit op die bankie, en kyk hoe haar kat ‘n skoenlapper probeer vang. Later gee sy ma die stryd gewonne en krul haar op langs Tanya. “Ja Maraai, dis nie altyd maklik om vlinders te vang […]
met gesag
met ‘n ligte windjie lê my duin en wag vir die son vandag gaan die sonstrale bak elke dag skuif son verder noord afgemete proses eeue oud bepaal soos afgemete woorde soms verkondig word met gesag gebaseer op ervaring kennis of net wil met gesag gesê: wees versigtig wat jy sê veral as jy dit […]
’n Ruimtetuig vir ’n lentekind
stuur vir my ’n lugballon wat deur die ruimtes swewe verby bome, oor teerpaaie, deur wit wolke wat patroon van hier tot daar waar Tulbagh aan Saronsberg se voete (in die lente) lê en droom want lentekinders kort ’n lugballon wat deur die bloutes wewe: oor koringlande – ryp van aar, plasse water wat weerkaatsings […]
Lente
lentetyd is blommetyd wanneer reën die aarde voed en alles groen begin lyk terwyl water oor klippies spoel met silwer pêrel druppels versier lentefees gloei in elke plant terwyl voëltjies en goggatjies heen en weer vlieg en kletter bring lente ‘n lied in die hart maak almal opgewonde en bly gegeur in elke morestond vars […]
Kleine Dylan
Oumie se prag seuntjie sussie se ewebeeld mamma en pappa se trots Jesus se oogappeltjie in jou vorm genesing nou in die hande van ons groot Geneesheer jou liewe ouers gaan die vrugte pluk van ‘n kleine mannetjie sterk soos ‘n leeu oral gaan jy op Sy hande gedra word want Hy vergeet nooit Sy […]
Sleutels van Geluk
draai nie vas by mense liefde gebaseer op jou wense kortstondig is die lewe laat jou broekspype nie bewe drome kan ewigdurend lewe solank jy dit nie begrawe waar gedagtes groei na genade wis dit nooit uit hul plek verniet maak dit ‘n voldwonge feit klou vas aan jou sleutel van geluk die daeraad nogsteeds […]
‘n Onpaar tekkies
Ek hardloop my lewenswedloop as onderwyseres. Dit is, soos met baie ander dinge in die lewe, eers wanneer die tekkie aan die ander voet is, dat jy meer begrip vir ‘n situasie het. Noudat ek self voor ‘n klas staan en nie meer as leerling in ‘n klas sit nie, maak sekere dinge vir my […]