Jongste aktiwiteit:

Gekreukelde bladsye

Dit is ‘n heerlike sonskyn oggend, Tanya is besig om buite in haar tuin rond te wandel. Sy gaan sit op die bankie, en kyk hoe haar kat ‘n skoenlapper probeer vang. Later gee sy ma die stryd gewonne en krul haar op langs Tanya.

“Ja Maraai, dis nie altyd maklik om vlinders te vang nie,” lag sy vir haar kat.

Sy dink aan ‘n tyd so paar jaar gelede toe sy nog haar kinders se vrolike laggies om haar gehoor het. Dit is kostelose herinneringe, ietwat gedemp staan sy op en stap na ‘n roosboom. sy verwonder haar aan die mooiste pienk rose. Hulle knoppies is besig om oop te gaan, sy glimlag terwyl sy met haar hand daaroor streel.
Sy onthou toe sy ‘n kind was het haar ma elke oggend vir haar ‘n pienk roos gegee.

Dan het haar ma gesê, “mag jy ‘n lieflike dag hê my kind.”

“Dankie mamma, vir al jou liefde ek mis jou oneindig baie. Wanneer dit lente is dan het mamma se tuin so mooi gelyk van al die roos’struike. Al die kleure en geure was vir my die mooiste tyd van die jaar.”

Sy vee ‘n traan van haar wang af, al die gekreukelde jare wat eens mooi gladde bladsye was. Seisoene van lentes wat gekom en gegaan het , maak elke nuwe lente net meer spesiaal te danke aan haar ma.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed