Jongste aktiwiteit:

Lente

lentetyd is blommetyd
wanneer reën die aarde voed
en alles groen begin lyk
terwyl water oor klippies spoel

met silwer pêrel druppels versier
lentefees gloei in elke plant
terwyl voëltjies en goggatjies
heen en weer vlieg en kletter

bring lente ‘n lied in die hart
maak almal opgewonde en bly
gegeur in elke morestond vars
‘n vrolike groet in glimlag verby

betowerend voel dit op die oë
dankbaar vir glorieryke seën
‘n nuwe seisoen op die horison
waar kleurryk harte steel

sagkens speel liefde ‘n rol
kibbel ‘n melodie oor die klippies
‘n waterstroompie wat afkoel
vrolik speel laggende gesiggies

lente is in die lug
suiwer morestond
vars waai ‘n briesie
in vroeë oggend son

25/9/2019
©Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed