Kleine Dylan
Oumie se prag seuntjie
sussie se ewebeeld
mamma en pappa se trots
Jesus se oogappeltjie
in jou vorm genesing nou
in die hande van ons groot Geneesheer
jou liewe ouers gaan die vrugte pluk
van ‘n kleine mannetjie sterk soos ‘n leeu
oral gaan jy op Sy hande gedra word
want Hy vergeet nooit Sy werke nie
op twee beentjies gaan jy rond draf
want ‘n wonderwerkie is gevorm in jou
Liewe Jesus voor U voete kom lê ons hom
vir aanraking wat oor sy lyfie spoel
mag U genesing Sy liggaampie warm ontvang
en herstel soos net U alleen kan
so bid ons in U grote Naam Jesus
na ons Vader vir krag en genade
vorm U hom in U liefde groot
Eer ons U groot en Heilige Naam
23/9/2019
©Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Ouma se hartsband! baie mooi!