Sleutels van Geluk
draai nie vas by mense
liefde gebaseer op jou wense
kortstondig is die lewe
laat jou broekspype nie bewe
drome kan ewigdurend lewe
solank jy dit nie begrawe
waar gedagtes groei na genade
wis dit nooit uit hul plek verniet
maak dit ‘n voldwonge feit
klou vas aan jou sleutel van geluk
die daeraad nogsteeds nie besluit
om vir ewig weg te buk
lê dit nie by ander neer
want gou raak dit verweer
en jou geluk aan skerwe
want jou sleutel nooit gebere
sleutel van geluk
gaan onder jou gebuk
op die tyd vir jou beplan
en in jou lewe vas gemaak.
22/9/2019
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.