Jongste aktiwiteit:

September(Bladsy 4)

ORRELIS Ek sing my hart uit voor ’n swart plank op ’n leë verfblik; my gesangeboek balanseer teen ’n baksteen, my vingers gly op en af – ek is ’n orrelis in my verbeeldingswêreld. Ek kyk kamma-kamma na die note voor my, blaai om, trap met my voete op die onsigbare pedale en trek aan […]

Skommelsee, skeurende sluise in vloed; louwarm spartelasem en bloed. ‘n Helse vuur; vlammende pyn, kom en gaan en kom en gaan en dan verdwyn Soos ‘n wildsbok in ‘n jagtersstrik spartelend na sy vryheid wik; word in barensnood verlig verlos lewend gewend liefdes tokos. In embriogekrulde staat pleeg jy plasentaplagiaat. Uit my moederskoot verwek ontsnap […]

Sprake van hoop o perste, perste vygie o doring aalwynblaar kyk hoe rus die Bolandberge sommer net maar daar o dynserige vertes o ligsteblouste lug swerfplek vir windswawels so-heen-toe en terug o eens verlate vlaktes o uitgestrekte land deur wind en water hier gekerwe tot krans, tot klip, tot sand o soele, soele lentedag o […]

oor my duin waai woeste wind laag skeer dit oor die golwe wit sproei waai uit elke golf meters ver word sproei weer sout water ver oor die baai lê blou rante berge om reg te wees – piketberg sederberge en baie ver bietjie sneeu die verte waai blou en grys van stof seevoëls vlieg […]

dou voordag in fynbos staan fisante en kriewel bekyk hulle die nuwe dag met aandag en ontsag eenkant staan ‘n bokkie bewerig in koel oggend lug bekyk hy die nuwe dag met duidelike vrees wit huise verskyn daagliks verrys uit droë sand beddings waar voorheen fisante kon skrop klein bokkies vreedsaam kon wei ©Teárlach

Tannie Sakkie het op ‘n plaas buite Wepener geboer. Sy was alom bekend vir haar pampoene. Ongelukkig nie die stroopsoet Hubbard-pampoene wat sy produseer het nie. Tannie Sakkie was soos soveel ander Afrikaner vroue die slagoffer van eersgebore benaming – aan Oupa se kant. Gedoop Isak Florence Koekemoer, agter oorle Oupa Isak en Ouma Florence […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed