Digterspalet (Brons)
Vrugwaters vog vloeiend uit die veer;
genesis ontwaking wat niemand kan keer.
In skreeuende stilte, syfer metafore
oor suiwerwit papier.
‘n Pynlike proses van gee en neem en gee en neem,
wyl die skepper sweetend en swoegtend
die wonderwerk in woorde wasem
uitasem – geduldig tevree.
In sy hande, soos kosbare silwer,
lê die skepping van sy trane,
sy maaksel – op spierwit papier,
met linte en lyntjies versier.
3 Kommentare
-

Christa du Plessis
Baie mooi. Ek hou van die beeldspraak en alliterasie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek