Die huis van boeke
Daar is vreugde in bibloteke die verslinde woorde opgeëet tussendeur die stilte en soeke wyse, letsels van vingergeblaaide bladsye en die kramery van ‘n krammer soos druppelsreën die dakplate lêk so verbeelding vindingryk vergader en oor die witsand vloei bondel die gedagtes vonkel vry dra my goedig oor die holtes steek my weg tussen rakkies […]
luuksheid
op my duin gebruik ek dikwels die “speel-weer” opsie dan beleef ek weer elke besluit reg of verkeerd wat ek in my lewe moes neem dit verfris die geheue en dit lê die bitter van mislukkings weereens vas ook die blydskap van sukses dit is die voorreg van ouderdom en aftree tyd ©Teárlach
Enkelma’s en kinderverhoudings dinamika
Hoe benader jy hulle as enkelouer? Daar is nie meer ‘n ons in jou woordeskat nie, so jou benadering gaan moet aangepas word. Aksies en optredes wat jy as vanselfsprekend in jou huwelik ervaar het is nou verwarrend en in sommige gevalle amper taboe. Waar jy voorheen sou gesê het “gaan vra jou pa,” is […]
s t o r m v e r s
In die nuwedagskemering as oumeidkloppers se klingklangende haél nes reënpakkas se piketspel tafereel met ñ trompetsinjaal word droogericas van die aarde in ñ helige taal natgestorm Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte 20 September 2019
Ontnugtering
Ontnugtering Ontnugtering: die besef van verraad en bedrog deur ‘n geliefde. ont – nugter? NEE: ver – nugter! Die nugter wete groei elke dag klaarder in my gemoed: onvoorwaardelike liefde is ‘n romantiese droom wat soos ‘n miswolk verdwyn wanneer ‘n mens nugterwakkerskrik. Met kloue, kille klaarheid dring die wete nugter tot my deur: jou […]
Die roosboom voor ons huis
Die roosboom voor ons huis Die roosboom voor ons huis is al stokoud. As hy kon praat, sou hy baie stories kon vertel van staan in wind en weer: jaar-in en jaar-uit van koue, droë winters, van versengende hitte, van verwoestende storms en van oorgange tussenin. In die winter, met sy takke kaal en sy […]
laatlente
te lank was jy ‘n wurm kruipende voor hom gehang aan ‘n spindraad papie verstrik in ‘n kokon te lank was ons ontsiendes gesus in ons winterslaap ons ore horende doof om jou kreet te hoor jy was geslaan met stomheid maar nou is dit jou tyd dat lente ook vir jou sal kom monumente […]
tik tak tyd
alles wat is, was al gewees alles wat is sal weer wees tog sal jy nooit weer langs hierdie pad of tyd terug kan kom nie gister is verby en vandag loop uit wat môre moet gebeur sal gebeur, al sal jy om een of ander rede nie daar kan wees nie soms stap tyd […]