16 minute voor middernag
Hóór hoe gil die pen sy laat nag epiloë oor enjambemente, rondhol albasters van onthou. Dekorum memorandium, krake van leë bladsye bloei ink versagtend vergeet van die garage pie; hy het self gekots by die prysuitdeeling; Nom de plume: Jakkals van ‘n ander stert snerpend,spandabelrig; katvis van die see toringwolk van idees t’tjies,voetsek tortelduif! Gisteraand […]
KAneelduifie
Wie sóu ooit sê die dood hakkel sukkel selfs met duifies groet wat nog van hulle in die oë kyk en vra: “sal julle m,mmmy s,sssigg l,eeeeen?” “Kaneelduifies verkieslik!”,het Abba gesê: Viridiaan groen dons-veertjies prag en kosbaar bruin bondeltjies, “Gaan haal vir my hul oë,Azrael!” Skemerspel newel soos boos obdukies kaneelduifies geroggel sonder oë ‘n […]
Haikoe; #Hoop
ʼn vlinder fladder om die blomgerf op ʼn graf waaruit droefheid spruit ©Loretta Szikra 20190919
Lente van ’19
Dit was daardie mooiste seisoen toe ek kaperbriewe in my eie posbus wou los geseël met judas-soene en Lot se geloof maar meer as dit, wou ek migreer Noordwaards na my milieu terug na woestynsand en stof droë rivierlope en ander dinge wat my en my herkoms kon herenig dit was daardie September toe ek […]
Lied van die natuur
“As ek moeg word vir die lewe in die stad …” Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Dit het ek weereens besef toe manlief uit die bloute voorstel dat ons vir ‘n […]
Ontwaken
Wanneer die natuur begin ontwaak uit sy winterslaap, is daar ‘n soort “magic” aan’t gebeur. Die aarde verkleur van vaal en dood in die mooiste vrolike “Aaaaah, kyk hoe mooi!” kleureprag. Mens hoor dit selfs in die voëlgesang vroegoggend. Daar is ‘n nuwe opgewektheid in hul groet. Gaan stap jy deur die strate wat onlangs […]
Mani(ok)
tussen fynbos en blou lug lê see uitgestrek in sy vrug oordrewe golwe vier volmaan dolfyne baljaar skaars en gaan soos seisoene verwelk in nuwe en op ‘n warm duin sit die uwe oorkant die weste-waters baljaar vrolike mense met vure elke jaar verwoes hulle die boomryke woud om maniok plante te oes vir goud […]
Die ou seilskepe roep
Blue-shade country shoes negentien-sewe-en-sestig swaai,swaai meraai tingel,tingel jamboree dip-derie-dip-derie-dip-doo-whaa. ‘n Doo-whop old time vergete tyd, verlate draai die wiel sé verlange brand era,’n gevange; Mamma ek wil die seilskip klim; a-ha-a-ha-a-ha. Rebels was two-step stêre fraai nooiens al te vernaam hop skippedy hop, Johnny blou, Kan jy nog jou hotrod onthou? Vuur en vlam Mamma […]
GEWAARBORG.
Dis net ’n paar weke gelede dat almal oor die koue gekerm het. Bibberend en bewend en kletter-tand. En nou is dit lente. Daar is vonkel in die oë, huppel in die stap. Vroumense jeuk om te skrop en poleer. Almal het nuwe lewe, nuwe energie, nuwe lus. Selfs nuwe belustigheid. Seisoene in die natuur […]