Jongste aktiwiteit:

Die ou seilskepe roep

Blue-shade country shoes
negentien-sewe-en-sestig
swaai,swaai meraai
tingel,tingel jamboree
dip-derie-dip-derie-dip-doo-whaa.

‘n Doo-whop old time vergete tyd,
verlate draai die wiel sé verlange
brand era,’n gevange;
Mamma ek wil die seilskip klim;
a-ha-a-ha-a-ha.

Rebels was two-step stêre
fraai nooiens al te vernaam
hop skippedy hop,
Johnny blou,
Kan jy nog jou hotrod onthou?

Vuur en vlam
Mamma ek wil die seilskip klim
met ‘n staalwa piekniek hou
die ossewa brandwag brand nog,
doef-der-doef-de-doef-doef.

Hóór hoe die ou seilskepe roep
als in hul romp gestop
sonskyn branders breuk
Mamma ek gaan die seilskip klim
be-doem-be-roem-be-doem-be-roem.

©Morné du Preez




2 Kommentare

  • Seirdna

    Ek hou van jou gedigte Morne. Die langbeenperd is een van my gunstelinge Ek dink die woord "vernietnaaier" moet, indien nie alreeds nie, in die woordeboek opgeneem word. Dis n ongelooflike beskrywende woord; eienaamverbinding van faam! My pa het altyd na so iemand verwys as "kannie wil nie loop nie en poepol mort hom dra" Wens hy was nog met ons dat ek hom die woord kon wys. Ek kan maar net sien hoe kyk hy vir Windvoel agterna, (wie so pas sy gereedskap kom leen het, met n klomp bykomstighede daarby), en prewel jou woord " vernietnaaier! " as hy die buitekamer se sleutel ophang...

  • morne du preez

    Dankie seirdna ek stem veral in vandag se wêreld met klomp smeerlappe orals. Gewonder of iemand van langbeen sal hou bietjie vrye teëls gegooi met daai een.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed