Uittreksel uit my roman
HOOFSTUK 3 Anna lê in haar bed. Die donker vou haar ligaam in maar haar gedagtes is so helder soos die dag. Dit word nie ingeperk deur die swart kamer met sy swaar luike wat veronderstel is om die gevaar buite te hou nie. Nee, sy het die vertrek met sy ewe donker swaar meubels […]
Heengaan van ‘n roos
[Brons – 489 Woorde] Hy druk weer sy neus plat teen die ruit, maar maak nie saak hoe hard hy probeer nie, daar gebeur niks. Die wolkombers. Die kaggel. Watse kans staan hy? Hy stap vies om die huis tot by die ry roosbome en bekyk die welige struike vir ‘n oomblik. Hy hou sy […]
Die blou wens
Hier in my spens sit iets en grens diep binne-pens spoeg my uit kou my rou week my wil gril en brul bries koue wraak wat my kraak my gedagtes namaak sit en slaap koggel en gaap niks te begeer vind jy als hierdie vuil ou blou wens. ©morné du preez
UITSKRYF EN GEDÊPSTE BLOMME
UITSKRYF EN GEDÊPSTE BLOMME Uhm – ekke sit op daai omgevalle ou boomstop op my geliefde ou Ghwarriegat en… Enne ek dink sommer aan mooi-goed en eina-goed en liefhê-goeters. Sommer aan al die goeters wat my cheekygat vrouweesgemaak onder my neus druk. En. Terwyl ek hier met julle gesels kan ekke nie anders as om […]
Wintergriep – Brons
Winter se ysige vingers sluit om die warmte van my asem. Skeur die voltros lewegewers uit die holte van my bors. My liggaam bol in embrio beskerming teen die spasm van my lyf, Stadig verloor ek die stryd teen die winter se wreedheid.
Die blou wens
Hier in my spens sit iets en grens diep binne-pens spoeg my uit kpu my rou week my wil gril en brul bries koue wraak wat my kraak my gedagtes namaak sit en slaap koggel en gaap niks te begeer vind jy als hierdie vuil ou blou wens. ©morné du preez
As ons kyk na die lig
Kyk deer die donker en staar na die lig, is jy verblind? of is jy blind? en dit wat jy aan dink soos eindlose voetspore net weer in die donker gordyn spoorloos,verdwyn losbreek met ‘n skor stem die dop afskud oë verbitterd soos die, hart leeg bloei en al die stemme, in hul verbintenis verblind,verwas,gedistaniseer […]
Patmos-palimpses (‘n villanelle)
Die woord slaan tent op onder mensvel. Ons voel sy glorie wit en blink, soos brokkies manna op ons lippe. In die begin was een multidimensionele sin. Toe slaan die woord tent op onder mensvel en gee aan die wesens hulle name. Die woord gee lig aan die wesens se oë, ons ore sug: Effata, […]
Haikoe (silwer)
winter stroop plataan tot knokkerig verwese oumensborselkop
BINNE-IN MENEER SE STUDEERKAMER
BINNE-IN MENEER SE STUDEERKAMER Ekke kan nog so vreeslikbaie goed onthou van daai eendag lank-lank gelede binne-in Meneer se eie persoonlike Studeerkamer…. Die heel eerstekeer van baaaaaie ander kere. Petrus en Dawid – Meneer se koningmaatjie; wat eers geweet het dat mens met jou voete kan bid – ‘Dance then wherever you may be;’ daai […]