Vergifnis
in die loopgraaf van my gemoed skink ek vir oulaas ʼn kelkie bloed tussen vergeelde liefdeswoorde lê vele vergete beloftes verdwaal in rym en akkoord want jou dade het dit weerspreek jou hande tussen waarheid en leuen verdwaal geraak die teenoorgestelde begin praat nou staan ek hier voor jóú loopgraaf en strooi reuklose blomblare hef […]
Abrahamsoffer
op die sandvlakte van die Kalahari pryk ʼn houtaltaar – die baldakyn van gras onwetend in afwagting vir ‘n opdrag van die oppergesag om op ʼn bepaalde tyd en sabbat sy Abrahamsoffer te laat ontvlam onskuld met ootmoed te verswelg tot roet en as geen plaasvervangerlam of offerbrood vir dié spesiaal voorbereide liefdegawe hierdie keer […]
drome uit ‘n pyp
stil sit ou grysaard hy droom en sien visioene vergesigte van sy mense se lot alles om hom het verbrand en verwoes hier en daar lê daar ‘n groen-geel kolletjie verraderlike spieëlbeeld soos water wat in die woestyn son wink sy visioen van een land een republiek van kaap tot teen zambesie rivier lê star […]
‘n tangodroom van Turkye(silwer)
darteldroom my losboswuif dans-dans my woordelyf my voete tango-jango in Turkye in ligbelampde tye soos ‘n noot die pad beduie en akkoorde my laat kantel hou ek ophou wandel, want my hart is ‘n draaikolk my hart is ‘n skemerskelk verlief op ‘n, verlief op ‘n… nes ‘n blom kan hy verwelk psigedelies kwinkeleer- in […]
Hoor jy die Engele (Silwer)
‘n Geweerskoot knal deur die kloof; bo hul koppe kras die kraaie “Bastiaan het alweer ‘n bok laat val” verwyt Marljé, sy is tog so liefs vir die natuur. Petrus joel soos hy lag: “hoop dit is ‘n groot een ek smaak vir biltong en wildspot” “Jammer tog vir die arme bok” berus Marljé; al […]
Beleggings
wesens beleggings is verewig in DNA so verwikkel en ook verbaster… met ń rak lewe van ń vrot tamatie! onttrek van kompleks beleggings in kop en rak dis te swaar om voorraad te bou.
week
saggies vryf sy oor sy kop vryf die yl haartjies bymekaar van eerste aanraking was dit so die gevoel diep in haar moederhart min sou sy toe kon weet van die smart wat dalk nog haar deel sou kon word toekoms het geen deel van daardie salige oomblikke van aanraking lewensloop verloop soms vel week […]
solitêr
alleen het my duin verkeer met golwe en winde wat geteister het met woede en woeste aanslag daaroor het die duin maar geduldig gewag elke nuwe dag beleef en geswyg oor my duin het tyd verloop in tyd en tye soms sonder hoop krappe en meeue daaroor beweeg selfs mense spore wat dit beleef so […]