Jongste aktiwiteit:

September(Bladsy 2)

vliegtuie kou swaartekrag deurdie wind met boeppens mae wat dreun oor elke kruin geskei van alles behalwe eie geraas. mense in menige pixels kleure krabbel vir slim foon sleutels in eindelose menu’s vir ń droom bestaan tot alles in choas vermeng. kan ons kolletjies pas in dese kas?

ń objek lê in groen lyn bed wit teen wit met asem alleen. lug vloei oor spiere sonder enige streel geluid in ń steriele saal. hand vat warm aan koue vrees my gladde blou vel gly grillig weg. die onkeerbare sny, ingryp ding peuter met my hart wat net wil klop.

my duin het sy eie norme by verstek kom dit van ver af ver in die verlede op moeder se skoot en vader se harde hand en soms roede daar is fondamente gelê wat vas staan min van ons wyk heeltemal daarvan af tog het daar ernstige dinge verander met die draai van die eeu […]

in elke melodie tower die kleure mooi soos fonteine spuit op die ritme van die wysie in verskillende kleure opgewek in groen geel en rooi die liefde getooi op elkeen se lysie kleurloos val die druppels so dou terwyl ons die liggies alles in kleur aanskou verbasend aan al die kleure in prag en praal […]

elke nuwe dag bekroon my blydskap elke asemstoot bevestig my Verlosser subtiele bewegings of kadens is Hy by geen strand of wilde rivier of Hy is daar my duin weerklink van Sy genade lied alles wat is en wat was en nog kom my kort lewens jare daarin gespin bewussyn of sielestryd tot geluk vrede […]

gee hulle koek sê Antoinette in verbasing oor hoe mense honger voor haar deur kom plaas. koop beste meel gesuurdeeg met beste wil sonder kennis bly die honger knaag. rook wolke bol uit bande boude dans ń oorlog dans die hulp is onvanpas tydelik en te min. gegewe vryheid is net stof tatoos op jou […]

oor sy duin hang daar mis dit maak die see grys en dof sagte geluide kom uit duister wat sag heengaan in die wind meeue is byna onhoorbaar stil slegs die sweef geluide van vlerke wat soms die mis gordyn oop breek slierte skuim rol sag oor die strand stil sak hy op sy hurke […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed