Jongste aktiwiteit:

eenvoud

oor sy duin hang daar mis
dit maak die see grys en dof
sagte geluide kom uit duister
wat sag heengaan in die wind

meeue is byna onhoorbaar stil
slegs die sweef geluide van vlerke
wat soms die mis gordyn oop breek
slierte skuim rol sag oor die strand

stil sak hy op sy hurke neer
byna geluidloos gaan tyd verby
gedempte lewens geluide ver agter
waar wit huisies oor duine verdwyn

vanaand sal see geluide heers
oor die stil gewelf bokant sy duin
heeltemal bedek in ‘n mis kombers
sal daar rustigheid heers in sy slaap

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed