Oorgawe in ekstase Silwer
ek verdrink in dieptes van blou safiere
wat kolkmaal en skuimend teen my aanslaan
met grypende vingers my aftrek na die donkerte
wat uitlokkend smeulend op my wag
ek verdwaal in jou doolhof van genot
terwyl honderdduisend musiekante tuimelende
crescendos witgolwend oor my uitspoel
my wese met dawerende applous vul
ek gee oor en smelt die laag van jare se seer
in stomende vulkaniese passie tot uitbarsting
terwyl die lawa van jou liefde die laaste
koue uit my winterlyf verdryf
smelt ons siele saam as een
terwyl die as nog smeulend oor ons lywe lê
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek