Skrefieswind (Silwer)
ek stuur vir jou ‘n somerstraal ek stuur vir jou die son knoop oop jou jas pak af jou tas en wag net daar ek kom… kyk uit vir ‘n skrefieswind ‘n briesie oor die see hy sê jou naam hy bring my saam en fluister vir ons twee… Seirdna (A Fourie) 15.08.2020
Karoonag (Engelse Sonnet) Silwer
in skemersatyn teen die voornaguur met die sterre en die maan in gelid deur die kaal karoo met ‘n vlees van vuur het ek koesterend jou karma aanbid in jou oog se kyk wink ‘n woord sy weg en deur jou lippe wat speel met jou mond soos vulkaniese rots wat vuur beveg is daar’n […]
Verlore Ontwikkeling
die pad deur lae inkomste huise styl teen ń bult, meer krotte in geplooide grondpad. water skif suspisieus teen die kant met die reuk van gisteraand sjebien. kinders hardloop lag saam vir vandag se baviaan wat beplan vir teer konkreet toilet pype ń swembad in die koue klimaat.
Waar liefde is, is lewe
Mahatma Ghandi het geskryf, “Where there is love there is life.” Wys my die mens wat sonder liefde WIL lewe en ek wys jou ’n leuenaar. Niemand, nie eens die grootste hardekwas, grootbek-lawaaimaker wil doelbewus ’n lewe sonder liefde hê nie. Almal vra tog na deernis en omgee, al is dit hoe onopsigtelik. Boonop is […]
Ex Facia
Jou stil staar blou – ontketen snak uit asem, helder ruite opgewasem. Fokus skuif pupil omskryf ‘n dialoog in iris taal wat jy be-oog.
Eva
Geskenk vir jou uit jou geneem ‘n vrou gebou uit eie been in vlees geword na wens voltooi wat hart uitstort in appels rooi letter meng lip tot soet fluister ek is jou rib verpak in pleister
Elegie aan Carma Shaw
Soos ‘n gewonde duif was sy wat bewe in haar seerkry en haar vrees die ongenooide bitter gas wat stadig homself versadig aan haar vlees en sy, die een met liefde in haar hart en soveel deernis vir haar liefde in sy smart, wat moedig veg en beur vir nog een oomblik, nog ‘n skansing […]
Veld Speel
die veld is rustig gras staan stil, insekte bou huis sonder vrees vir geitjie bure. miere hardloop vrolik na die sprinkaan restaurant oop spinnekop gat verwag ń afllewering deur tot deur. sonder vrees vir insek of onkruid doder die veld is oop sonder mense sondes.