Jongste aktiwiteit:

Karoonag (Engelse Sonnet) Silwer

in skemersatyn teen die voornaguur
met die sterre en die maan in gelid
deur die kaal karoo met ‘n vlees van vuur
het ek koesterend jou karma aanbid

in jou oog se kyk wink ‘n woord sy weg
en deur jou lippe wat speel met jou mond
soos vulkaniese rots wat vuur beveg
is daar’n magiese liefdesverbond

my hande wat ieder deining dikteer
en gebiedend só’n ritme bekom
ontmasker jou diep geheime verweer
totdat die hygings die aandstil ontstom

die eggo se stem uit die dorre vallei
vier die versugting wat liefde bevry

Andries Fourie (Seirdna) (Silwer)
2020.08.01




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak