Vensters van Siele
bedorwe brokkies skrynende skandes uitgelewer hoogmoediges vuilspel in aftakeling diep word harte getrap buite word hulle opgehewe in magte waar slange spoeg word hul aangehang deur opperhowe vir aanwins soos vuil vensters sienende blind vertrap word die wereld die invloede vier hooggety en die vensters van siele vind vuur in hul boesem nog nooit was […]
Ek soek jou
ek soek jou in die skoonheid van die natuur daar waar my roksoom raak as ek gaan sit en wag waar water druis kan ek vir ure stil tuur op soek na jou beeld ‘n oomblik in pag ek soek jou in die blou lug wanneer drome rondom my wentel in die natuur voel ek […]
nêrens
eenkant van nêrens lê die plaas diep versteek in ‘n droë, donker kloof luiperds was nog tiere genoem daar bosvarke het in troppe daar gewei bosbokke helder oordag geblaf maar helaas nie meer so nie nêrens het uit vyf plase bestaan geen kar kon soontoe beweeg, net die trein ver uit die kaap se see […]
LIEFDE
LIEFDE waar liefde ontbreek het ek gebreek het mond gesê maar hart óntsê het hande gehou maar hart ónthou het lyf onthou met ‘n hart ontrou het U dan nie die brood gebreek? smeek ek dat U dié hart óntbreek dat U my sê, óntsê my rou, óntrou dat Heer U my ontrou vir ewig […]
blydskap
groter blydskap kan daar nie wees oor my duin skeur die sonstrale die nuwe dag oop in rooi-oranje kleure verder oor die turkoois kleurige baai omring met wit-geel strande ruis die golwe in blydskap maak elkeen sy merk met ‘n wit skuim soom dag en nag wissel af dae en weke vorm maande en jare […]
Blake
Ella word bewus dat iets haar wang kielie en sy krap onwillekeurig. Dan maak sy haar oë oop, net om vas te kyk in ‘n paar oë wat haar herinner aan die ligblou van die hemel; die blou van die lug net voor die son vroegoggend die aarde met warmer kleure kom verf. Blake kyk […]
nederlandse tulp
soos ‘n suiwer windjie het sy uit die noorde gekom klokhelder het haar stemmetjie die landskap kom sny en verander elke gedagte verryk en gekleur nederig en onskuldig eerlik herskep sy die ruimtes van musiek en tone mag haar stem altyd oor ons landskap sweef ©Teárlach (Vir: Amira. 20/09/2020)
vatbaar
my duin lê soms bar hardloop gesigte en gedagtes die wye wêreld is oop gevlek met elke prentjie en blad kan jy dalk ‘n sielemaat op die wye web van media vind daar is voorbeelde daarvan soms baie suksesvol so wys dit dalk op leemtes van normale kommunikasie tussen aangetrokke mense wat persoonlik ontmoet wat […]
My land, my lewe, my liefde Silwer
Ek ruik die rooi in die grond van my vaderland terwyl die son oor die veld en die horison brand en kwagga en wildebeest stof opskop in die Namib luister ek na die grys kwêvoël se gesanik en oor die kranse en klowe word ‘n nuwe dagbreek belowe
Ware Feite
Dit is dat, alles en wat is eintlik niks. Alles wat wragtig, eg is is in werklikheid onderste bo.