Dryfhout uit die stormsee – Silwer
uitgespoeg op korrelsand weerloos teen die son dor verbrand alleen moeg geveg teen die klotsing op die rotse en die strand dryfhout nikswerd stukkende mens tog kan daar met aandag uit ‘n kunstenaar se hand ‘n liefdesoffer genereer sal die uitspoel weggooi dryfhout in nuutskepping floreer
om te skryf…2 Brons
sou God die skrywer se siel nie verweef met woordsnoere die gedagtes van Hom nie op die hart laat dra nie is al wat oorbly… ‘n skrywerspen in ‘n yskoue hand
Gedagtes van…
Gode Mense Diere Dinge Klippe Stof geeste, gode, waarde beginsels dryf in diep stiltes met ń onsekere wins. in biologiese vierde, vyfde geslag herkou ons eie waarde met verskonings as wins. ingeteelde DNA wetenskaplik meganies bepaal met gewig as wins. aards vas gesmelt is klip gedagtes oral rond wat gou vergaan die inhoud stof.
die spieëlbeeld (BRONS)
die spieëlbeeld selfbeeld is hoe jy oor jouself voel soms onwetend en nie so bedoel is dit ander se menings wat hul vel wat tog vir jou die meeste tel maar wat ander van jou dink moet nie maak dat jou ster nie blink wat ander se persepsie van jou is weeg onnodig swaar – […]
tuin van die lewe (BRONS)
tuin van die lewe eens was Adam en Eva in die tuin so mooi toe kom die slang en gevaarligte flikker rooi alles was mooi en alles was goed geskape verlei verlore verdwaal soos regte ape die mens dink hy weet beter as die Vader tot hy hom weer vol berou tot sy Vader nader […]
Sutherland Skilpad
teen koppie in ń piering vlakte lê ń swart koffie pit glad gedop in die wind. rond kaal gekop tussen gekraakte rots blink swart gebrand op sy sterre pad. in ń water beeld swem hy om te kuier aan die dor kant van die pad. die bruin grys dop verdwyn tussen niks en klip ń […]