Die wilde perde van Aus (Silwer 1023 woorde)
“Amanda”. Ek wip soos ek skrik. Die klein figuurtjie staan hand in die heup langs my tafel. “Ek wil toesluit, jy sit al heeldag hier en dagdroom.” Sy skud die sleutels om haar misnoë te wys. Dagdroom se dinges. Ek gaan wraggies nie die verlate vlaktes in sonder om navorsing te doen nie. Ek skakel […]
Drie Kante
die lyf onder drange bo die dink verbind met ń voedsel bron. die stukke van onder, middel, bo drif, lyf en gemoed in ewewig. blare val siektes loop dink baar altyd nuwe hoop.
klokhelder
die see lê soos ‘n spieël my duin net ‘n kolletjie op die lang wit strand oral is die kuslyn nou omsoom met helder groen fynbos in die holtes verf blomme steeds die doek in kleure soos nag en dag verander die seisoen hier van winter na somer en droër veld winter reën se seën […]
fobie
. koue lug vertrek die gesig dit verwring jou vel in plooie bloed vloei na jou gesig om te red jou spiere begin ruk en bewe jou hart wil vinniger klop . so maak vrees met jou dit konsentreer jou denke jou liggaam pomp adrenalien jou brein maak gereed vinnig seine te stuur . stadig […]
Dominasie
met ondeurdagte wysheid verlaat jy jou tuisland vir wêreld dominasie met arrogante kennis van geweer, plofstof en geloof. geloofs vaart word arbeid en grondstof roof bloederig gevier met goud gewin as ń gods geskenk. een mulatto volk bly wat Frans en Engels praat op rap musiek dans veld kennis het verval in ń krot bestaan. […]
vlam van gister
my duin lê stil asof gister verstar het in dowwe speel-weer beelde gister se seer wil-wil net herleef die rowe is skaars droog gewaai hier en daar is dit nog pynlik wat deurbreek in steke my siel roep stil oor die eter verdwaal dit die winde wat dit wyd versprei het geen impak teen die […]
Koning Wense
jou wense verbloem in bomme vermink ons tot rooi bloed grond oë. jy verwens vervloek verwoes met kraam geweld nuwe bloed. jou wense spoel terug vervul jou eie slegte droom jy jouself is dood.
Disa – blom
Dit is ‘n bedrywige dag op oom Sampie se plaas, vandag is die groot dag waaroor hy al soveel jare droom. Hy trou vandag met tannie Cotie van Hexsrivier vallei se kontrei. Vandat hy ‘n seun was het hy al probeer om haar sy meisie te maak, maar tannie Cotie was altyd baie onvriendelik teenoor […]
onrus
die onrus sit in ‘n frons oor haar mooi gesiggie winde verander en ruk en pluk daagliks sterker gedagtes in duister gegiet ure en dae in niks vervliet broei die onvervulde droom knaend aan haar hart-soom moeilik is die vrou-word volwassenheid te bereik altyd onverstaanbare lot gegiet in wêreldse kruik vandag is daar ‘n laggie […]